|
Hierdie bladsy is nog onder konstruksie! SAgenealogie maak van Yahoo! Groups as diensverskaffer gebruik vir die poslys wat deur die gespreksgroep gebruik word. Daar is ook ander fasiliteite wat deur Yahoo! Groups verskaf word wat nuttige deur lede van die groep gebruik kan word, hiervoor moet mens 'n Yahoo gebruikersprofiel met 'n toegangswagwoord registreer (alhoewel Yahoo daarna verwys as 'n "Account" is die fasiliteit heeltemal gratis!).
SAgenealogie se ArgiefAlle boodskappe wat op die lys uitgeruil word word, vir ie huideige jaar, word Yahoo! Groups se argief gestoor, en dit is moontlik om hierdie argief deur te blaai en vir inligting te soek deur te gaan na http://groups.yahoo.com/group/SAgenealogie.Vir vorige jare se argiewe kan jy hulle hier bereik. FotosOp hierdie stadium het die lysbestuur bevind dat Yahoo! Groups se foto-fasiliteit beperk is tot slegs 30Mb stoorkapasiteit - daarom het ons die SAgenealogie fotodatabank begin by http://public.fotki.com/SAgenealogie. Om fotos op te laai word 'n toegangswagwoord benodig, kontak gerus vir Paul Maré op die lys vir besonderhede.DatabasisEen van die baie nuttige fasiliteite wat ons by Yahoo! Groups tot ons beskikking het, is die vermoë om tabelle met inligting te stoor (ons kan dit amper 'n aanlyn-Excel noem). Om hierdie fasiliteit te gebruik, moet mens 'n paar eenvoudige stappe volg. Hieronder gee ek as 'n voorbeeld die stappe wat 'n mens sou volg om die vanne waarin 'n mens belangstel, op die databasis by te voeg. Probeer dit gerus, en as daar enige probleme is, kontak my sommer direk by gert_kok@hotmail.com sodat ons dit kan probeer oplos!
Daar is ook benewens die "Vanne & Navorsers"-tabel ook 'n hele aantal ander nuttige tabelle geskep. Hieronder tel:
Skakels..Lëers.. |