Ongewone Bronne


Met die interaksies van ons lede oor tyd het ons al op 'n klomp ongewone bronne wat van genealogiese belang is afgekom. Hierdie lys is nog onder konstruksie.
South Africa Who's Who 1910
Hierdie boek bevat beknopte biografiese besonderhede van heelwat mense wat in die politiek en nywerheid aktief was in 1910. Daar is ook heelwat fotos in. Kontak vir Paul Maré op die gesprekslys met enige navrae.

Franse Genealogiese Webwerf

Ria Stoddart het hierdie adres aan die lys gestuur - natuurlik moet jy kan Frans praat om dit te gebruik.

Duitse Voorouers
Rina Kroes stuur hierdie webwer aan die lys en beveel dit aan as 'n nuttige bron vir diegene met Duitse voorouers. Die webwerf deur Joachim Schubert laat mens toe om stamvaders van Duitse oorsprong te kan opsoek, en op die "German South African Resource Page" is daar talle lyste van Duitsers in die Kaap, Natal, Kaffraria en Philipi, asook Duitsers in Namibië. 'n Opsomming van Hoge se "Personalia of the Germans at the Cape" word aangegee en mens kan 'n alfabetiese lys van name raadpleeg.